Ons wêreldklas-onderrig help jou kind om te floreer.

Die bekostigbare aanlyn-tuisskooldiens wat jou kind toerus vir die toekoms

Een-tot-een terugvoer

Moedertaalonderrig

Toekomsgerigte vaardighede

IEB-eksaminering

Waar is jou kind in 2040?

Net soos jy is ons ook ouers – ouers met ‘n bekommernis oor waar ons kinders gaan wees. Die hartseer waarheid is dat die huidige skool-opset nie gerat is om ons kinders voor te berei vir die toekoms nie. In ‘n snelveranderende wêreld raak tradisionele skole by die dag meer en meer agter … en daarmee saam hulle leerders.

Die huidige sisteem:

-Berei kinders voor vir ‘n wêreld wat nie meer gaan bestaan nie.
-Onderdruk kritiese denke.
-Stimuleer nie kreatiewe probleemoplossing nie.

Die keuses wat jy vandag maak, kan egter verseker dat jou kind nie deel word van die hierdie statistiek nie.

Kontak Ons

YouTube video player

Ek het my wiskunde beter verstaan en niemand jaag jou aan nie. Ons kry vir alles terugvoer en die onderwysers gee baie positiewe terugvoer.

Marinda Koen (Leerder)

By MOS-Wêreldwyd kweek ons leerders wat …

Lief word vir leer

Die regte vrae kan vra

Krities dink

Probleme kreatief oplos

Goed saam met ander werk

Uitsonderlik kommunikeer

Kontak Ons Lees meer oor Die MOS se leerfilosofie

Getuienis

Wat sê ons ouers?

Wat ‘n verligting. My kinders kan kreatief wees en dinge leer wat jy nie by ‘n skool kan leer nie. Nou kan ons op hulle sport konsentreer en nog meer.

My 3 kinders geniet elke oomblik en het so handig geraak met die tegnologie.

Minette Bell, Potchefstroom

Ons is meer as tevrede met die MOS as tuisonderrigstelsel vir Matthys, Gr.9 Die lesse word interessant aangebied en is uitdagend vir die leerders.

Die leerbestuurders is hulpvaardig en skroom nie om te help as daar hulp nodig is nie. Baie dankie vir die inisiatief. Ek dink dis puik dat die kinders soveel lewensvaardighede aanleer wat hulle nie in hoofstroomskole sou leer nie.

Sarina van der Sandt, Memel

Die skoolwerk is baie netjies “verpak” in hanteerbare borrels of onderwerpe, wat die kind stimuleer om meer van die vak te wil weet.

Die leerbestuurders se terugvoer is altyd positief en opbouend. Die MOS-sisteem werk, want die mense agter die sisteem is passievol en dink uit die boks uit!

Karleine Herbst, George

YouTube video player
YouTube video player

Ontmoet ons span

Wie is aan die stuur van MOS Wêreldwyd?

Roedolf van der Westhuizen

CA(SA) Uitvoerende Hoof

Vennote en akkreditasie

takke logo 01

Fooie

Wêreldklas-onderrig was nog nooit so bekostigbaar nie

Hoe werk betalings?

Betalings kan maandeliks, kwartaalliks of jaarliks gedoen word.

Kostes word per kwartaal bereken. Indien ‘n leerder aan die begin van Kwartaal 2 inskryf, word geen fooie vir Kwartaal 1 gehef nie.

Indien ‘n leerder enige tyd in ‘n kwartaal inskryf, is fooie vir die hele kwartaal betaalbaar. 

Voorbeeld: Indien ‘n leerder in Mei inskryf, is die fooi vir die hele Kwartaal 2 betaalbaar.

GRaad R-3

R17 100

/ jaar

(R5 700 / kwartaal)

(R1 900 / maand)

Betaalbaar kwartaalliks

R1 600 eenmalige registrasie

Skryf in binne 60 sekondes

Vrae? Kontak Ons

GRaad 4-6

R25 800

/ jaar

(R6 450 / kwartaal)

(R2 150 / maand)

e-boeke ingesluit

R1 600 eenmalige registrasie

R360 Robotika eenmalige registrasie (inligting)

Skryf in binne 60 sekondes

Vrae? Kontak Ons

Graad 7-9

R27 600

/ jaar

(R6 900 / kwartaal)

(R2 300 / maand)

e-boeke ingesluit

R1 600 eenmalige registrasie

Skryf in binne 60 sekondes

Vrae? Kontak Ons

GRaad 10 & 11

R34 500

/ jaar

(R8 625 / kwartaal)

(R2 875 / maand)

e-boeke uitgesluit

R1 600 eenmalige registrasie

Skryf in binne 60 sekondes

Vrae? Kontak Ons

GRaad 12

R35 988

/ jaar

(R8 997 / kwartaal)

(R2 999 / maand)

e-boeke uitgesluit

R1 600 eenmalige registrasie

Skryf in binne 60 sekondes

Vrae? Kontak Ons

* Leerders kan slegs vir graad 12 inskryf mits hulle graad 11 by MOS-Wêreldwyd voltooi het

Gereelde vrae

Kontak Ons