Selfgerigte leer gebeur wanneer jy die inisiatief vir jou eie leer neem. Vir kinders beteken dit dus met die minimum hulp van hulle ouers of ‘n onderwyser. By MOS Wêreldwyd gaan ons jou kind se belangstelling prikkel en nuuskierig maak om ten volle betrokke te wees by dit wat hulle graag wil en moet leer.
MOS Wêreldwyd het die KABV verpak in die MOS-leerstelsel wat leer opwindend en vars maak – niks hou jou kind terug nie en dis selfs moontlik om vooruit te werk met die ondersteuning van die aanlyn-onderwysers/vakkundiges
Ons unieke benadering tot leer gaan jou kind se vermoë ontwikkel om verantwoordelikheid te neem vir sy/haar leerproses.
In graad 12 sal die leerders die IEB eksamen skryf.
Volgens die skolewet mag ouers gebruik maak van enige kurrikulum wat nie minderwaardig is as CAPS (KABV) nie, en dit mag enige aanlyn ondersteuning insluit.
In graad 12 sal die leerders die IEB eksamen skryf.
Ons volg die CAPS (KABV) kurrikulum, maar het dit in baie opsigte “UNCAP”. Ons het plek gemaak vir die aanleer van kodering, digitale vaardighede, entrepreneurskap denke en betrek leerders voortdurend op ‘n kreatiewe manier in die leersituasie. Ons verwag ook dat leerders dink, probleme oplos en deursettingsvermoë aanleer. Hulle sal ook in groepe toegang hê tot aanlyn-onderwysers via hulle leerbestuurder.
Ouers sal elke dag kan inteken op die MOS-leerstelsel en presies kan sien waar hulle kind met sy/haar leerwerk is. Hulle sal ook die terugvoer van die aanlyn-leerbestuurder en vakkundige kan sien nadat elke leerarea voltooi is.
Ons fokus op selfgerigte leer en moedig die leerders aan om eers self te probeer om die vraag of probleem op te los. Daarna kan hulle hulle maats raadpleeg en indien hulle nog steeds sukkel, kan hulle die leerbestuurder kontak.
Natuurlik! Jou kind kan enige plek leer waar ‘n rekenaar met ‘n internet-konneksie beskikbaar is. Julle kan dus enige tyd met vakansie gaan of lekker by die see of in die bosveld gaan kuier.
Geen probleem nie. Jou kind kan op sy/haar eie tyd die werk inhaal.
Kwartaal 1: 17 Januarie tot 15 Maart
Kwartaal 2: 3 April tot 14 Junie
Kwartaal 3: 9 Julie tot 17 September
Kwartaal 4: 1 Oktober tot 10 Desember
Stuur die navraag aan info@mosww.co.za of kontak jou leerbestuurder.
Terwyl leerders hulle pad vind deur ons stelsel waar die leerstof verpak is in wat ons “borrels” noem, gee ons hulle in siklusse van twee weke die geleentheid om hulle eie rooster saam te stel. Hulle leer die beginsels van goeie tydsbestuur dus reeds op skoolgaande ouderdom aan.
Ons weet dat volgens die WEF (World Economic Forum) ons kinders ook vaardighede soos probleemoplossing, kritiese denke en uitstekende kommunikasie in die wêreld van werk gaan nodig hê. Die borrels vir elke vak is só ontwikkel dat leerders hierdie vaardighede kan aanleer. Hulle sal gereeld terugvoer kry, maar ook self nadink oor hulle eie vaardighede.
Ons werk baie hard daaraan om seker te maak dat die leerproses nie deur punte gedryf word nie. Leerders in ons stelsel sal terugvoer kry van ‘n span kundige aanlyn-onderwysers, maar punte word nie vir opdragte en take toegeken nie. As ouer sal jy toegang hê tot al die werk wat jou kind gedoen het en ook die opmerkings van die leerder en die onderwysers. Vir bevordering van die een graad na die volgende sal daar wel aan die einde van die jaar van punte gebruik gemaak word. Gedurende die leerproses sal leerders soms gevra word om opdragte oor te doen of om uit te brei op hulle antwoorde en hulle sal leiding kry om die werk beter te verstaan. Goeie werk en pogings van deursettingsvermoë sal deurentyd aangeprys word.
Leerders sal in groepe van twee tot vier afsprake kan maak om hulle aanlyn-onderwyser via Google Meet se aanlyn-fasiliteit te ontmoet om te vra vir spesifieke leiding of verduidelikings. Ons moedig leerders aan om in groepe te werk sodat hulle kan leer om met mekaar te praat en van mekaar te leer. Die aanlyn-onderwyser mag ook van tyd tot tyd op leerders se werk reageer deur middel van kort stemboodskappe of video’s ten einde ‘n konsep te verduidelik.
Ons sal leerders in die fase van Graad 10 tot 12 (vanaf 2022) geleidelik voorberei om te kan presteer in terme van punte in die Graad 12-eksamen. Eksamens is belangrik, maar dis nie meer genoeg nie. Ons glo dat jy gedurende jou skoolloopbaan vaardighede moet ontwikkel om waarlik te kan leer … vir die res van jou lewe.
Jou kind is welkom om by enige sportklub aan te sluit.
Ja, want hulle sal die IEB (Independent Examinations Board) se eksamen skryf wat deur die meeste privaat skole in Suid-Afrika geskryf word. Dus sal die Universiteite ook Die MOS-Wêreldwyd se kwalifikasie aanvaar.
By die MOS Wêreldwyd het ons besluit om die vakke soos dit op die oomblik in CAPS (KABV in Afrikaans) aangebied word, net so te behou. Die twee hoofredes hiervoor is:
1) Ons glo dat die inhoud (wat kinders leer) baie minder belangrik is as die proses (hoe kinders leer). Ons het binne ons Mos-leerstelsel vir leerders ‘n soort intellektuele landskap geskep. Hulle verken dit letterlik en daar word van hulle verwag om daagliks te reageer op hulle ontdekkings. Hulle reageer op dit wat hulle geleer het in die vorm van onder andere stemboodskappe, video’s, dokumente en skyfie-aanbiedings. Leerders bly dus betrokke en hulle het daagliks keuses om meer te leer oor wat hulle interesseer binne die vakinhoud. Dis belangrik om ook te noem dat ons seker maak dat ons leerders nog gereeld skryf (met ‘n pen en papier). Totdat eksamens in ons Suid-Afrikaanse skoolstelsel via tegnologie afgeneem kan word, is skryf op papier nog ‘n relevante vaardigheid.
2) Ons wil seker maak dat alhoewel ons leerstelsel nuut en modern is en ons kinders in lewenslange leerders gaan ontwikkel, hulle nog in die huidige Suid-Afrikaanse stelsel kan presteer in die eksamen aan die einde van Graad 12. Ons het egter kodering bygevoeg as deel van die vak Tegnologie en ontwikkel ons leerders se entrepreneurskapvaardighede in al die vakke.
Kliek hier vir meer inligting oor vakkeuses
-Afrikaans Huistaal
-Engels Eerste Addisionele Taal
-Sosiale Wetenskappe
-Natuurwetenskappe
-Wiskunde
-Lewensvaardighede
Kliek hier vir meer inligting oor vakkeuses
-Afrikaans Huistaal
-Engels Eerste Addisionele Taal
-Wiskunde
-Lewensoriëntering
-Natuurwetenskappe
-Sosiale Wetenskappe
-Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
-Tegnologie
-Skeppende Kuns
Kliek hier vir meer inligting oor vakkeuses
Vir Graad 10 – 12 is die volgende vier vakke die verpligte vakke:
-Afrikaans Huistaal
-Engels Eerste Addisionele Taal
-Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
-Lewensoriëntering
Uit die volgende vakke moet drie gekies word:
-Geografie
-Toerisme
-Rekeningkunde
-Besigheidstudies
-Lewenswetenskappe (Biologie)
-Fisiese Wetenskappe (Skeinat)
-Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
-Ingenieursgrafiek en ontwerp (IGO)
Kliek hier vir meer inligting oor vakkeuses
‘n Minimum spoed van 10 Mbps word sterk aanbeveel.
‘n Goeie skootrekenaar (I3 of I5) met Windows 10, Macbook of Chromebook soos Acer Spin 311 of 511 met ‘n kamera en mikrofoon vir groepwerk. Gebruik enige gesaghebbende aanlyn maatskappy of n goeie rekenaar winkel. (let wel: RTT en IGO benodig n Windows rekenaar).
Eenmalige betalings voor einde Januarie kwalifiseer vir R1200 afslag in totaal.
Vir leerders om maksimum baat te vind by ‘n aanlynstelsel soos MOSLeer is leesvaardigheid baie belangrik. Ons stelsel sal wel sekere leerders soos ‘n handskoen pas omdat hulle teen hulle eie tempo kan werk. Verder is die feit dat hulle op ‘n rekenaar kan werk en hulle vermoëns kan demonstreer baie motiverend veral in vergelyking met die frustrasie van stil sit en luister. Ons poog ook om verveling te bekamp deur herhaling uit te skakel en liewer leerders uit te nooi om meer te leer van iets wat hulle interesseer. Kontak ons gerus vir spesifieke vrae hieroor.
Leerders moet wel goed en onafhanklik kan lees en skryf om baat te vind by selfgerigde leer, wat die essensie van ons pedagogie is.
Wie kan ek skakel as ek met iemand wil gesels?
012 880 2493 of epos na info@mosww.co.za en ons skakel jou.