Grondslagfase – Inskrywings open 3 Okt

Graad R tot gr 3 nou beskikbaar

Die belangrikste jare in jou kind se skoolloopbaan
a41187 mos grondslagfase website bates 1200x1200
takke logo 01

Waar is jou kind in 2040?

Moedertaalonderrig wat jou kind voorberei vir ‘n wêreld waar kunsmatige intelligensie deel van die alledaagse lewe is.

In ‘n toekoms waar kunsmatige intelligensie al hoe meer as deel van die werksplek figureer, is dit noodsaaklik om reeds vroeg die regte grondslag te lê. Moedertaalonderrig, sterk geletterdheid, kritiese denke, basiese rekenaarvaardighede, kodering en robotika is nie net lekker-om-te-hê nie – dit is noodsaaklike boustene vir aanpasbare, denkende jong volwassenes.

Sedert ons ontstaan in 2021, het ons ‘n stewige reputasie opgebou in die tuisskoolmark met graad 7 – 9, wat later deur sillabusse vir graad 4 tot 12 gevolg is – met IEB-eksamenaanbieding as bewys van ons akademiese gehalte.Ons weet dat die grondslagfase die belangrikste ontwikkelingsfase in ‘n kind se skoolloopbaan is, en daarom brei ons nou met oorgawe uit na hierdie vestigingsfase.

Kodering en robotika

Reeds deel van ons kurrikulum – ook in die grondslagfase geïnkorporeer sodat leerders vroeg aan sleutelvaardighede vir die toekoms blootgestel word.

Moedertaalonderrig

Sterk geletterdheid wat die grondslag lê vir lewenslange leer en ‘n stewige identiteit.

Kritiese denke

Vaardighede wat aanpasbare, denkende jong volwassenes vorm wat verby die vierde nywerheidsrewolusie sal floreer.

Luister na ons Maroela Media onderhoud oor die Grondslag fase

Fooie

Deursigtige, bekostigbare fooie vir kwaliteit vroeë kinderontwikkeling

skryf in

Registrasiefooi

R1 600

eenmalig

Graad R – 3

R5 700*

per kwartaal

* handboeke en gereedskapkis uitgesluit

Kyk na ons onderhoude oor die Grondslag fase

Registreer jou belangstelling

Vul die vorm in om meer inligting te ontvang
Grondslagfase (#4)