Potgooi 12 – Lizelle Raath – Faktore wat leer beinvloed (Deel 1)

Potgooie

YouTube video

In episode 12 gesels Chris de Beer met Lizelle Raath oor faktore wat leer beinvloed.

Lizelle was voorheen hoof by die Bolandskool vir Outisme, en is tans ‘n leerbestuur by Die MOS Inisiatief.

Sy gesels oor die belangrikheid van lewenslange leer, en hoe om kinders nie net lief te maak vir leer nie, maar ook hoe om effektief te wees wanneer hulle leer.

Interne en eksterne faktore word bespreek. Eksterne faktore is gesin, familie, huishouding, skool, omgewing. Interne faktore is belangstelling, natuurlike aanleg, motivering, intellektuele vermoë, talente, sterkpunte, karakter en persoonlikheid.

Lizelle noem ook voorbeelde van eksterne faktore wat ‘n groot rol speel in die leer proses. Sy gee ook raad oor hoe om dit raak te sien, en dan te hanteer. Lizelle antwoord ook die vraag “wat is leer” met voorbeelde.