Potgooi 23 – Wilna van Rooyen – Die rol van ouers in die emosionele ontwikkeling van jong kinders

Potgooie

YouTube video

In episode 23 gesels Chris de Beer met Wilna van Rooyen oor die rol van ouers in die emosionele ontwikkeling van jong kinders.

Luister saam vir wenke oor hoe pappas en mammas hulle kinders se selfbeeld bou van kleins af.

Wilna en Chris bespreek die emosionele intelligensie wat jong kinders moet ontwikkel, en hoe onvoorwaardelike liefde van ouers af die beste grondslag kan lê (baie drukke en soene!).

Hulle gesels hoe pappas ‘n baie belangrik rol speel met hierdie fisiese liefde toon. Kinders het ‘n groot behoefte om hierdie soort liefde van hul pappas te kry.

Wilna noem hoe belangrik ‘n familie ete om ‘n tafel is, en ook hoe storietyd ‘n belangrike rol speel. Rowwe spel tussen pappas en kinders is ook ‘n belangrike ding vir hierdie selfbeeld vorming en emosionele intelligensie.

Die navorsing wys dat pappas se liefde ‘n baie groot impak het op die kind se selfbeeld.